BLOEMFONTEIN. – Sekwetje Mahlamba (32) wat daarvan beskuldig word dat hy die jong plaasbestuurder Brendin Horner (21) vermoor het, het vanoggend in die Bloemfontein-hooggeregshof teen sy borgtogaansoek appelleer.
Sy advokaat, Joseph Kgoelenya, beweer die getuienis teen Mahlamba is swak.
DNS-monsters
Die DNS-monsters wat uit Horner se bakkie geneem is, kan glo nie aan die beskuldigde gekoppel word nie. Die polisie het vroeër aangedui dit kan tot ses maande neem om resultate uit bloedmonsters te kry.
Medebeskuldigde
Mahlamba en Sekola Matlaletsa, sy medebeskuldigde, word vir die moord op Horner beskuldig. Matlaletsa was op borg van R5 000 vrygelaat, maar is daarna weer vir veediefstal in hegtenis geneem.



