February 25, 2021

Covid-19-inentings, gesondheidswerkers moet registreer

Daar is ’n paar dae voordat die enstofprogram begin.

Covid-19-inentings gaan binnekort begin, gesondheidswerkers moet registreer

Foto: CANVA

Covid-19-inentings gaan een van die dae afskop en gesondheidswerkers wat onder die eerste fase van die entstofplan val, moet op die elektroniese datastelsel registreer.

“Daar is ’n paar dae voordat die enstofprogram begin en meer inligting sal mettertyd bekendgemaak word,” sê dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid. Mkhize het gister in ’n aanlyn nuuskonferensie gesê 34 000 gesondheidswerkers het reeds op die stelsel geregistreer.

Registreer vir die Covid-19-inentings

Werkers in gesondheidsfasiliteite soos skoonmakers, studente, begrafniswerkers en tradisionele genesers sal ook onder die eerste groep val wat vir die Covid-19-inenting kan registreer.

Die een miljoen entstowwe wat Maandag in die land aangekom het, sal eers vir twee weke toetse ondergaan.

Kyk hier hoe die entstof Maandag in Suid-Afrika aangekom het.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: