Bankbesonderhede/ deposito word gevra na ek kompetisie ‘wen’

Bekendes met groot hoeveelhede aanhangers se profiele word deesdae op sosiale netwerke nagemaak.

Bankbesonderhede/ deposito word gevra na ek kompitisie 'gewen' het

Foto: CANVA

“Bankbesonderhede of ’n deposito sal nie van jou verwag word wanneer jy aanlyn ‘n kompetisie wen nie,” waarsku talle Instagram-beïnvloeders.

“Ek het julle in my laaste video vertel van die persoon wat homself voorgegee het as ek en vir mense gesê het hulle het R5 000 gewen. Die persoon vra dan vir jou kredietkaartbesonderhede. Wel, een van Mike Bolhuis se mense het my gehelp en die hele blad is nou van sosiale media af verwyder,” skryf Schalk Bezuidenhout, komediant, wie se aanhangers onlangs onder ’n aanlyn slenter deurgeloop het.

Nagemaakte profiel wat bankbesonderhede vra

Bekendes met groot hoeveelhede aanhangers se profiele word deesdae op sosiale netwerke nagemaak. Die nagemaakte profiel stuur aan jou ’n boodskap, wat lyk asof dit van die regte persoon kom, wat sê jy het geld of ’n kompetisie gewen. Dié boodskap vereis dan dat jy jou bankbesonderhede of ’n deposito moet gee. Nog ’n bekende wie se profiel onlangs nagemaak is, is Germandt Geldenhuys, die Binnelanders-akteur.

Moet nooit ander blaaie en vriendversoeke aanvaar wat agterdog wek nie. Volg slegs die amptelike blaaie van bekendes tensy hulle bekendmaak het hulle het ’n ander profiel geopen.

Lees ook hier vir raad: Help, my Facebook is gehack

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: