Help, my Facebook is gehack

Al hoe meer mense se Facebook word deesdae gehack. Jou vriende op Facebook begin vir jou vreemde video’s stuur en vra jy moet dit oopmaak. Dit is gewoonlik seksuele video’s wat aangestuur of op jou profiel geplaas word.

Agterdogtige boodskappe

Indien jou Facebook gehack is, beteken dit iemand het by jou profiel ingeteken met die doel om inligting te bekom.

Verskeie mense weet nie eers hulle profiel word gehack nie. Indien jy ongewone inhou van ’n vriend sien of ontvang, stel dadelik die persoon in kennis. As jy ’n video van ’n persoon wat moontlik gehack is ontvang, vee dit onmiddellik uit. Moet nooit boodskappe wat jou agterdog wek oopmaak nie.

Jou wagwoord

Indien dit jou profiel is wat gehack is, is dit jou verantwoordelikheid om jou vriende in kennis te stel. Laat weet hulle om geen boodskappe van jou af oop te maak nie. Vee die inhou op jou blad uit wat jy nie self geplaas het nie.

Verander gereeld jou wagwoord. Moenie vir te lank dieselfde wagwoord gebruik nie. Wanneer jy jou wagwoord verander, gebruik die opsie om by alle ander toestelle waar jy ingeteken is, uit te teken.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *