Ram: 21 Maart – 19 April
Jy sal aan die begin van hierdie week nuwe krag hê om dinge gedoen te kry. Maandag en Dinsdag sal jy groot vordering maak. Pas op dat jy nie mense vir wie jy lief is vertrap op jou pad na vordering nie. Teen Woensdag en Donderdag sal jy ander mense met dieselfde energie inspan om ook vordering te maak. Dit is ’n goeie tyd om op ander se behoeftes te konsentreer en jou eie opsy te skuif. Gebruik daai energie om die naweek iets spontaan te doen.
Bul: 20 April – 20 Mei
Jy mag dalk hierdie week gejaagd voel. Soos die week begin, kan jy angstig voel. Probeer om die week binne jou begroting te bly. Teen Donderdag sal jy begin beter voel. Die naweek is ’n goeie tyd om met romanse ’n kans te waag.
Tweeling: 21 Mei – 20 Junie
Begin die week met goeie raad van goeie vriende. Jy sal hierdie week met enigiemand kan gesels, maar dit is vriende en familie wat vir jou die meeste insig sal bied. Jy kan dalk ongewone struikelblokke teenkom, maar teen Donderdag sal dit alles verdwyn. Jy sal die naweek buitengewone energie hê, maar onthou om jou oog op jou begroting te hou.
Kreef: 21 Junie – 22 Julie
Hierdie week moet jy mooi dink voordat jy iets doen. Jy sal in die versoeking gestel word. Verwag om in die bui vir partytjie te wees, alhoewel jy teen Donderdag oorweldig met onbenullige besonderhede kan voel. Moenie laat dit jou onder kry nie. Dit is net die heelal wat jou wil wys dat jy bietjie van jou roetine ontslae moet raak.
Leeu: 23 Julie – 22 Augustus
Jou Maandag sal goed begin en jy sal enige taak kan aanpak. Moet ook nie bang wees om ander in die werk te steek nie. Jy is ’n goeie leier en ander sal hierdie week na jou toe opkyk. Jy sal ook respek oor die naweek verwerf.
Maagd: 23 Augustus – 22 September
Jy sal Maandag gevul wees met oortuiging en doelgerigtheid. Jy sal presies weet wat jy moet doen. Wees net versigtig om nie oor mense te loop nie. Jy sal teen Donderdag bietjie meer rustig voel, maar maak die naweek gereed vir ’n groot partytjie.
Weegskaal: 23 September – 22 Oktober
Dit gaan alles oor kompromieë soos die week begin. Wees versigtig met jou verhoudings en vriendskappe. Mense sal ook die week vir advies na jou toe draai. Teen Donderdag sal jy baie energie hê en graag nuwe mense wil ontmoet en nuwe plekke sien. Sondag sal jy egter geduldig moet wees.
Skerpioen: 23 Oktober – 21 November
Probeer mense help soos die week begin. Mense sal na jou toe kyk vir hulp en emosionele bystand. Jy sal egter van Donderdag af ’n balans moet vind. Teen Sondag sal jy kry wat jy graag wil hê.
Boogskutter: 22 November – 21 Desember
Jy kan hierdie week enigiets bemeester. Jy sal hope energie hê. Van Donderdag af sal jy eerder wil sit en dagdroom. Moenie gefrustreerd daarmee raak nie. Teen Sondag moet jy jou gemoed volg.
Steenbok: 22 Desember – 19 Januarie
Moenie toelaat dat jou bekommernisse jou onderkry nie. Jy sal gou genoeg deur hierdie rowwe tyd kom en jou probleme hanteer. Jy sal wel die naweek mense moet vermy wat met jou flankeer, maar Sondag sal jy dit moet hanteer.
Waterdraer: 20 Januarie – 18 Februarie
Enigiets kan hierdie week gebeur. Maak werk van jou kreatiewe idees. Teen Donderdag sal jy voel dat dinge egter ’n bietjie moeite verg. Jy kan steeds met ’n bietjie moeite jou en jou vriende vermaak. Teen Sondag moet jy wel ’n bietjie goed wat pla, uitsorteer.
Vis: 19 Februarie – 20 Maart
Wees versigtig wanneer die week begin. Dinge is miskien nie soos wat dit lyk nie. Romanse is ook in die lug die week, maar teen Donderdag mag jy dalk oorweldig begin voel. Teen Sondag sal jy weer in ’n goeie bui wees en lus wees om te flankeer.



