Almal het Kersfees-flieks wat hulle elke jaar oor en oorkyk. Party van ons ken al self die woorde van daardie spesifieke fliek.
Wie onthou Home Alone? Is hierdie een van jou gunsteling- Kersfees flieks?
In ’n bakleiery betrokke
Home Alone gaan oor ’n seuntjie wat deel is van ’n groot familie. Hierdie familie beplan om oor Kerstyd saam vakansie te hou. Die aand voor hulle vertrek, raak die seuntjie betrokke in ’n bakleiery met die familie.
Hy sê dan aan sy ouers dat hy wens hy het nie ’n familie gehad nie. Die volgende oggend verslaap die familie en in ’n gejaag op pad lughawe to vergeet hulle die seuntjie by die huis. Hy word toe later wakker en besef hy is alleen.
Vol humor
Eers was hy baie gelukkig om nou te doen at hy wil tot hy besef twee diewe wil by sy huis inbreek. Hy doen dan alles in sy vermoë om hulle te keer. Die fliek is vol humor en is iets vir die hele gesin.
Volg FiND iT hier.



