Verdagte vas na plaasaanval

Deel hierdie storie / Share this story

MAHIKENG. – Die polisie ondersoek tans ’n saak van huisroof na ’n egpaar op 19 Desember op hulle plaas naby Mahikeng aangeval is.

Lt.-kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder, sê drie onbekende verdagtes het die vrou (54) alleen in die plaashuis gekry toe hulle die plaashuis om 00:00 binnegegaan het. “Die verdagtes het haar met elektriese kabels vasgebind en vuurwapens gevat. Toe haar 61-jarige man op die toneel aankom, het die verdagtes weggehardloop,” sê sy.

Die polisie het ’n soektog na die verdagtes geloods en een van die verdagtes is Sondag met vuurwapens in sy besit gevind en in hegtenis geneem. Dié verdagte (41) verskyn Dinsdag in die hof.

Die egpaar het gelukkig nie ernstig seergekry nie.