In die feestyd kan niemand regtig hulle familie vermy nie. Dit is ’n tyd wanneer familie bymekaar kom. Dis die tyd wanneer skoonouers jou huis kom besoek…
’n Groot verandering in jou lewe
Meeste van ons is gelukkig om ’n ma en pa te hê vir wie ons baie lief is. Dan word ons ouer, trou met ’n man of vrou en kry dan nog ’n ma en pa by. Hierdie kan ’n moeilike stap in jou lewe wees. Nou moet jy aanleer om vir hulle ook ma en pa te sê. Jy word deel van ’n nuwe familie, maar alles verloop nie altyd seepglad nie.
Almal het al grappies oor skoonouers gehoor. Ons almal weet ook van iemand wat nie met hulle skoonouers oor die weg kom nie. Hoekom sal dit so wees? Om te trou en ouers by te kry, is ’n groot verandering en proses in jou lewe.
Onthou die volgende:
Sit ’n wag voor jou mond
Indien jou skoonouers iets sê waarvan jy nie hou nie, dink eers voor jy terug antwoord. Soms as ons nie dink voor ons praat nie, sê ons woorde waaroor ons later spyt is.
Praat met jou man/ vrou
Kommunikasie is belangrik. Indien jou skoonouers iets doen of sê wat jou ongelukkig of hartseer maak, vertel jou man.
Weet waar om die streep te trek
Hierdie is die belangrikste punt om te onthou. Jy is ’n volwassene en jou eie mens. Niemand kan jou verander nie. Moenie dat mense jou voorsê of verneder nie.
Indien jy ’n anonieme storie/ staaltjie oor ’n voorval tussen jou en jou skoonouers wil instuur, stuur dit na [email protected].
Volg FiND iT hier.



