Dlamini-Zuma verander weer Cyril se tye

Foto: SAPeople

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het op 17 Desember weer maatreëls bekendgemaak wat nie ooreenstem met wat president Cyril Ramaphosa op 14 Desember in sy toespraak aangekondig het nie.

President Ramaphosa het in sy toespraak aan Suid-Afrikaners gesê die aandklokreël word van 04:00 tot 23:00 verleng.. Hy het verder gesê die toemaaktye vir restaurante, gimnasiums, kroeë, teaters en ander nie-essensiële besighede is 22:00, sodat personeellede teen 23:00 tuis kan wees.

Dlamini-Zuma het toe op 17 Desember maatreëls gepubliseer waarin dit duidelik is dat die aandklokreël tot 21:00 verkort word.

Die DA het ’n skrywe aan president Ramaphosa gerig waarin hy vra waarom die aandkloktyd verander is en sê hy hoop ook dat dit weer na 23:00 verleng sal word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: