DA in hof oor toemaak van strande

Foto: Unsplash

Die Demokratiese Alliansie (DA) is vanmiddag in die hof in Kaapstad om die regering se besluit ten opsigte van die Tuinroete-strande te beveg.

Strande in dié area is tot 3 Januarie vir die publiek gesluit in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 tydens die feestyd te verminder. Die DA redeneer egter die oop lug op die strande sal juis die verspreiding van die virus verminder. Die DA voel dat mense eerder saam in die vrye natuur moet bymekaarkom as in ingeperkte ruimtes soos huise of winkelsentrums.

John Steenhuisen, DA-leier, sê die DA verwag die saak sal Maandagmiddag om 14:30 aangehoor word. “Ons hoop om onmiddellik te hoor dat hierdie regulasie teruggetrek word.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: