Gesteriliseer maar nou swanger

Dit kan onmiddellik na of selfs ’n paar jaar later wees. Daar is minder kans op swangerskap na ’n vasektomie as na ’n buisbinding.

Gesteriliseer maar nou swanger

Gesteriliseer maar nou swanger

Swangerskap na sterilisasie is ’n werklikheid. Een uit elke 200 vroue wat gesteriliseer word deur buisafbinding, kan in ’n stadium na sterilisasie swanger raak. Dit kan onmiddellik na of selfs ’n paar jaar later wees. Daar is minder kans op swangerskap na ’n vasektomie as na ’n buisbinding.

Sterilisasie is ’n opsie vir vroue wat nie meer kinders wil hê nie. Hierdie prosedure behels die blokkeer of sny van die buise. Dit voorkom dat ’n eier wat uit jou eierstok vrygelaat word na jou baarmoeder, waar die eier gewoonlik bevrug kan word, beweeg.

LEES OOK: Keisers meer algemeen as vorige jare

Risiko’s van só ’n swangerskap

Gewone swangerskapsimptome word ervaar wanneer jy na ’n sterilisasie swanger word en dit kan ook deur ’n tuisswangerskapstoets aangedui word.

Vroue wat swanger raak nadat hulle ’n buisafbinding ondergaan, het ’n verhoogde risiko vir ’n buisswangerskap.

’n Buisswangerskap kan aanvanklik dieselfde simptome veroorsaak as ’n gewone swangerskap. Sommige bykomende simptome kan egter ontwikkel. ’n Buisswangerskap is ’n mediese noodgeval omdat dit die buis kan laat bars en interne bloeding kan veroorsaak. Almal wat swanger is, moet mediese hulp soek as hulle die volgende simptome ervaar.

Simptome van ’n buisswangerskap

  • Swaar vaginale bloeding;
  • Erge pyn in die buik of bekken;
  • Verlies van bewussyn;
  • Pyn in die linkerskouer;
  • ’n Gevoel van lighoofdigheid.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: