SUID-AFRIKA. – Plaaslike aktrise, Rolanda Marais (46), het onlangs haar moederskapsreis in ’n Instagram-plasing gedeel. Sy sê sy kan haar lewe maklik sonder kinders indink, maar beslis nie sonder haar twee spesifieke kinders nie.
Haar inskrywing is as volg:
“Ek kan my lewe baie maklik indink sonder kinders (inlê, boek lees, stil rustige oomblikke met ‘n koppie koffie, ‘n netjiese skoon curated huis met alles in sy plek, dinners in lekker restaurante, reekse binge) …. maar ek kan nie vir n OOMBLIK my lewe indink SONDER hierdie twee siele wat my lewe kom verryk het nie …… die verdieping in my menswees, die dimensies van nuwe emosies in my hartkamers, perfekte balans van vrees en vreugde wat my verstand te bowe gaan…. ek is nie ‘n gebore moeder nie, ek beny ander ma’s wat lewe vir die rol, ek voel soms of ek deur modder swem om my kinders ten minste half mens groot te maak met emosionele intelligensie, empatie, selfvertroue, ‘n goeie sin van self, goeie maniere, respek vir hulself en ander…. dis ‘n helse taak….. maar ek kom elke keer net terug na die wete dat hulle jou fyn dophou. En solank EK al hierdie kwaliteite daagliks beoefen, sal hulle dit ook eendag onbewustelik doen. Want soos my ma altyd sê: “Zo de ouden zongen, zo piepen de jongen ‘”
Aktrise Simoné Nortmann, wat in Januarie ’n seuntjie gehad het, het reageer: “Jy maak hulle groot, maar eintlik maak hulle jóú groot.”
Erica Wessels, wat tans in die reeks Donkerbos te sien is, het “Resoneer so. Wat ’n taak!” as kommentaar gelos.
Bron: Instagram



