
Sonel vind uit haar kamermaat, Janae, het al ’n soen met Brendan gedeel en haar nie vertel nie.

Aktrise Simoné Nortmann, wat in Januarie ’n seuntjie gehad het, het gesê: “Jy maak hulle groot, maar eintlik maak hulle jóú groot.”

Prinsloo het saam met haar man op Jeffreysbaai gebly. Hulle het verlede jaar hulle 43ste huweliksherdenking gevier.

Met nooddienste se aankoms op die toneel het hulle ’n trok en die wrak van ’n wit Toyota Fortuner aangetref.

Eskom het beloof om binnekort opdaterings te gee, maar hulle hoop dat die opwekkingseenhede teen Maandag die volle lading sal kan dra.

Die rolprent is gebaseer op Annie Klopper se roman wat in 2018 vrygestel is. Dis tydens kykNET se Silwerskermfees in September 2023 vertoon.

Volgens die ooggetuie het die man om hulp geroep terwyl hy in vlamme gehul was.

EFF- en ANC-ondersteuners was al vroeg Woensdag voor die hof teenwoordig om hul ondersteuning vir die vermeende slagoffer te toon.

Die vrou, Michelle Nel, en die ongebore baba het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede vir die ontstaan van wegholveldbrande sal gunstig vir areas oor die Vrystaat, Noordwes, die sentrale en noordelike dele van die Noord-Kaap asook die suid-westelike bosveld van Limpopo wees.

Karlien van Jaarsveld meen dit was ’n fees om saam met De Villiers te werk. “Hy kyk dieper na dit wat voor hom is,” het sy gesê.

Sy kon na die insident nie deur haar familie opgespoor word nie.

Die man het na bewering vir lang tydperke dieselfde klere gedra, nie gereeld gebad nie en sleg geruik as gevolg van oormatige sweet.

’n Kleuter en twee ander insittendes is lig beseer en is op die toneel gestabiliseer.

Crocodile Bridge Safari Lodge het beeldmateriaal gedeel wat wys hoe hulle die eerste twee van die leeus naby die ingang van die gasteplaas aangetref het.

Volgens Christopher Spies, polisiewoordvoerder, word ’n saak van geboorteverberging ondersoek.

Hulle het in Augustus 2023 verloof geraak toe Ronald haar tydens ’n vertoning die jawoord gevra het.

Of julle nou op ’n groot of klein onthullingsoomblik besluit, hou net ’n kamera byderhand om die spesiale oomblik vir altyd vas te vang.

Inwoners het opgemerk dat hy omrol en homself met sand gooi om koel te bly. Die feit dat hy omrol en sy ken krap, is glo ’n teken dat hy nie siek en beseer is nie.

Prins Harry, sy seun, wat saam met sy vrou Meghan Markle na die Verenigde Sate verhuis het, sal glo binnekort sy pa in die Verenigde Koninkryk besoek.

Daar is vroeër geglo die toerusting het aan Neanderdalmense behoort.