ENGELAND. – Buckingham-paleis het ’n verklaring uitgereik waarin hulle bevestig dat koning Charles III met kanker gediagnoseer is. Daar is nie oor die spesifieke soort kanker uitgebrei nie, maar dit is na bewering nie prostaatkanker nie.
Kanker is glo by hom gediagnoseer toe hy onlangs vir ’n vergrote prostaat behandel is.
Volgens die paleis het die koning (75) Maandag met behandeling begin en sien hy uit daarna om weer binnekort sy openbare pligte na te kom. Geen verdere inligting is oor sy prognose of behandeling bekendgemaak nie.
Prins Harry, sy seun, wat saam met sy vrou Meghan Markle na die Verenigde Sate verhuis het, sal glo binnekort sy pa in die Verenigde Koninkryk besoek.
Bronne: Buckingham Paleis, BBC, New York Times



