GAUTENG. – Nooddienste is Dinsdagmiddag omstreeks 12:49 na ’n ongelukstoneel op die N1-Suid naby die Brakfontein-wisselaar in Centurion ontbied.
Met hulle aankoms op die toneel het hulle ’n sportnutsvoertuig op sy dak aangetref. Een passasier is uit die wrak geslinger en het ernstige beserings opgedoen.
’n Kleuter en twee ander insittendes is lig beseer en is op die toneel gestabiliseer. ’n Swanger vrou, vermoedelik in haar dertigs, het op die toneel aan haar beserings beswyk.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Tshwane-metropolisie en die SAPD was wel op die ongelukstoneel. Bronne: CERT-SA, Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa, Facebook



