Afrikaanse skrywer skielik oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Medelye stroom op sosiale media in na die skielike afsterwe van die skrywer Lucia Prinsloo op 6 Februarie.

Prinsloo is jare gelede met ’n ongeneeslike niersiekte gediagnoseer, maar haar afsterwe het lesers steeds onkant betrap. Haar broer het vroeër vir haar ’n nier geskenk.

LAPA-uitgewers het gesê: “Sy was ’n wonderlike talent en haar roman, Vegters, het lesers verras en vermaak.” Haar nuwe roman getiteld, Solank as die aarde, word in Maart vrygestel. Haar debuutroman, Kwaheri, my geliefde, is in 2011 gepubliseer.

Prinsloo het saam met haar man op Jeffreysbaai gebly. Hulle het verlede jaar hulle 43ste huweliksherdenking gevier.

Bronne: LAPA Uitgewers, Pretoria FM, Brackenfell Library, Facebook