Esnembe, KZN. – Azeera Barath (14) is na bewering Maandag naby haar skool in Esnembe ontvoer.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die meisie se pa hulle ingelig dat sy glo Maandagmiddag van die skool na ’n snoepwinkel onderweg was. Ooggetuies het glo gesien hoe sy deur ’n verdagte in die nabygeleë suikerrietplantasie “ingedwing” word.
Sy kon na die insident nie deur haar familie opgespoor word nie. Na bewering is die verdagte, ’n Malawiese burger, glo aan die familie bekend.
Enigiemand met inligting kan RUSA by 086 1234 333 kontak.
Bronne: Reaction Unit South Africa, Make SA Safe, Facebook



