Fase 4-beurtkrag voor naweek aangekondig

Deel hierdie storie / Share this story

SUID-AFRIKA. – Eskom het in die vroeë oggendure aangekondig Fase 4-beurtkrag word tot verdere kennisgewing ingestel. Dit het om 02:00 in werking getree. Dit volg na Eskom aanvanklik Donderdagaand Fase 3-beurtkrag ingestel het.

Van hulle pompe se opgaardamme moes glo aangevul word en ‘n totaal van drie eenhede moes die afgelope 24 uur herstel word.

Eskom het beloof om binnekort opdaterings te gee, maar hulle hoop dat die opwekkingseenhede teen Maandag die volle lading sal kan dra. Verder het hulle inwoners gemaan om elektrisiteit spaarsamig tussen 17:00 en 21:00 saans te gebruik.

Bron: Eskom, Twitter