10-Minute avokado-chimichurrisous – resep

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie sous is perfek oor jou steak, chips, slaai of sommer enigiets. Jy sal jou vingers aflek.

Bestanddele:

  • ¼ koppie koljanderblare
  • 2 eetlepels pietersielieblare
  • 1 eetlepel vars oreganum
  • 1 groot avokado
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • ½ teelepel sout
  • ½ teelepel gemaalde swartpeper
  • ¼ koppie rooiwynasyn
  • ¼ koppie olyfolie
  • water soos benodig

LEES OOK: Tuisgemaakte Peppermint Crisp-roomys – resep

Metode:

  • Plaas die koljander, pietersielie, oreganum, avokado, knoffel, sout, gemaalde swartpeper en rooiwynasyn in ’n voedselverwerker.
  • Wanneer dit goed gemeng is, gooi die olyfolie by terwyl die voedselverwerker aan die gang is.
  • Jy kan nou water byvoeg om die sous dunner te maak. ’n Kwart koppie werk gewoonlik goed, maar jy kan byvoeg totdat jy tevrede is met die konsistensie.
  • Bedien en geniet of of bêre dit in ’n lugdigte houer in die yskas.

Kry nog resepte hier.