10-Minute avokado-chimichurrisous – resep
Jy sal jou vingers aflek.

Avokado chimichurri-sous resep
Hierdie sous is perfek oor jou steak, chips, slaai of sommer enigiets. Jy sal jou vingers aflek.
Bestanddele:
- ¼ koppie koljanderblare
- 2 eetlepels pietersielieblare
- 1 eetlepel vars oreganum
- 1 groot avokado
- 4 knoffelhuisies, fyngedruk
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel gemaalde swartpeper
- ¼ koppie rooiwynasyn
- ¼ koppie olyfolie
- water soos benodig
LEES OOK: Tuisgemaakte Peppermint Crisp-roomys – resep
Metode:
- Plaas die koljander, pietersielie, oreganum, avokado, knoffel, sout, gemaalde swartpeper en rooiwynasyn in ’n voedselverwerker.
- Wanneer dit goed gemeng is, gooi die olyfolie by terwyl die voedselverwerker aan die gang is.
- Jy kan nou water byvoeg om die sous dunner te maak. ’n Kwart koppie werk gewoonlik goed, maar jy kan byvoeg totdat jy tevrede is met die konsistensie.
- Bedien en geniet of of bêre dit in ’n lugdigte houer in die yskas.
Kry nog resepte hier.