MPUMALANGA. – Die Bongani Mountain Lodge het die naweek afgebrand. Die brand was glo die gevolg van brandstigting.
Bespiegelinge oor die rede vir brandstigting doen die rondte. Daar word beweer dit hou verband met ’n aanval op die teenstropery-eenheid in die Mthethomusha-wildreservaat waar die lodge geleë is. Die anti-stropery-eenheid is aangeval en daar is ’n gerug dat die veldwagters tydens die aanval een van die aanvallers geskiet het.
LEES OOK: Renosterstropery aan die afneem
Die brand het 100% skade aan die lodge aangerig. Alles is tot op die grond afgebrand. Geen ongevalle is aangemeld nie en almal is veilig van die perseel ontruim. Daar was geen gaste ingeboek tydens die brand nie.
Lees meer artikels hier.



