Renosterstropery aan die afneem

Renosterstropery aan die afneem

Renosterstropery aan die afneem

SUID-AFRIKA. – Renosterstropery is volgens Barbara Creecy, die land se minister van omgewing, bosbou en visserye, aan die afneem.

Creecy sê renosterstropery het in 2020 met 33 % in Suid-Afrika afgeneem.

Gedurende 2020 is 394 renosters volgens berigte vir hul horings in Suid-Afrika gestroop. Dit is die sesde jaar wat renosterstropery in Suid-Afrika steeds afneem.

Van Januarie tot Desember 2020 is altesaam 66 vermeende stropers in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem.

Lede van die publiek word aangemoedig om enige verdagte aktiwiteite rondom natuurlewe aan omgewingsmisdaad by 0800 205 005 of die Suid-Afrikaanse polisiediens op 10111 aan te meld.

Lees meer stories hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: