February 28, 2021

‘Love scam’: vrou verloor fortuin op liefdesbedrogspul

'Love scam': vrou verloor fortuin op liefdes bedrogspul

'Love scam': vrou verloor fortuin op liefdes bedrogspul. Foto:Pixabay

KAAPSTAD. – ‘n ‘Love scam’ het veroorsaak dat ‘n sakevrou R5 miljoen verloor het nadat sy geglo het sy het ‘n fantastiese man aanlyn ontmoet.

Dié vrou, wat volgens IOL te skaam is om haar naam te noem nadat sy deur dié “love scam” gevang is, het ‘n prokureur genader nadat sy glo gemanipuleer is deur ‘n man op sosiale media. Sy het geglo die man is ryk en hy gaan haar bederf. Na die tyd het sy besef hy is vort met haar hardverdiende geld.

Carlo Viljoen, die vrou se prokureur, sê die polisie en die bank moet aanspreeklik gehou word. Viljoen sê die vrou het ’n kans gehad om haar geld terug te kry, maar weens die vertragings deur die polisie en die bank was dit ’n mislukking.

Hy sê in Amerika word sake teen banke gewen vir dié tipe bedrog, omdat banke moet help met die voorkoming daarvan.

Twee verdagtes in hegtenis geneem

Ao. Bonnie Nxumalo, woordvoerder van die Valke, sê twee verdagtes is vir die “love scam” in hegtenis geneem. Hulle verskyn die dag na Valentynsdag, 15 Februarie, in die hof.

‘Die banke moes van hierdie bedrogspul bewus gewees het en hulle moes sien hierdie dames het ‘n groot bedrag geld betaal, wat baie ongewoon is vir ‘n 60-jarige. Nadat die vrou gekla het, moes die bank hierdie bedrae gevries het voordat dit uit die bankrekening oorgedra kon word totdat die ondersoek afgehandel is,” het Viljoen gesê.

Wat dink jy? Is jy al so gevang?

LEES ANDER ARTIKELS OP FIND-IT.CO.ZA.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: