Kloé Kardashian: ‘Rekmerke is maar net strepies.’

Kloé Kardashian: ‘Rekmerke is maar net strepies."

Kloé Kardashian: ‘Rekmerke is maar net strepies." Foto: Instagram

Kloé Kardashian (36) het met trots haar rekmerke in ’n foto op Instagram gewys. “Ek is lief vir my strepies,” lui die inskrywing by die foto. 

Die werklikheidsprogram-ster het vol selfvertroue in ’n skrapse swart swembroek in dié foto geposeer. Op die foto kan jy ligte rekmerke sien. Met meer as 20 270 kommentare op dié inskrywing, het aanhangers aan haar gesê hoe bly hulle is dat sy ook liggaamspositiwiteit  bevorder. 

Kyk hier na Kloé Kardashian se Instagram-profiel:

Kylie Jenner het ook verlede jaar in ’n onderhoud op YouTube gesê haar maag en haar middel is nie meer dieselfde nadat sy ‘n ma geword het nie. Aanhangers het haar daarna bedank toe sy foto’s van haar lyf met rekmerke deel.  “Ek is lief vir my rekemerke op my borste,” erken Jenner. 

Lees ook hier oor bekendes in Suid-Afrika: Karlien maak hart oop oor elah se tyd in hospitaal

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: