February 28, 2021

Karlien maak hart oop oor Elah se tyd in hospitaal

Karlien van Jaarsveld vertel op haar Instagram-profiel sy en haar man moes vinnig optree toe Elah begin bloed opbring het.

“Ek en my man ken die drill. Dit het in Desember 2018 ook gebeur. Ons het so vinnig as moontlik by die dokter en hospitaal uitgekom waar sy elke drie tot ses maande narkose kry en hulle haar are vir portale hipertensie en trombose bind,” skryf Karlien op Instagram.

Elah is steeds in die hospitaal en het gister ’n bloedoortapping ontvang. Sy is in 2017 ses weke te vroeg gebore en is met ’n lewensgevaarlike mediese toestand gediagnoseer. Sy het ’n bloedklont in die poortaar wat bloed aan haar lewer, milt, maag en pankreas voorsien. Op een van die Instagram-inskrywing verwys Karlien na ’n onsuksesvolle operasie wat in Januarie 2019 plaasgevind het. Om dié rede sê sy is hulle bang om Elah vir ‘n prosedure te stuur waartydens hulle ’n stent in die aar wil plaas.

“Ongelukkig kan iets wat vir ’n normale kind net ’n maagvirus is Elah se lewe in gevaar sit.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: