Ongeluk laat Chrysler onder vragmotor vassit

Chrysler vas onder trok na dubbele ongeluk

Chrysler vas onder trok na dubbele ongeluk

VRYSTAAT.  – ’n Ongeluk het plaasgevind toe ’n vragmotor in ’n Chrysler vasgery het, waarna ’n tweede vragmotor na bewering op dieselfde ongelukstoneel in die eerste vragmotor en nog ander voertuie vasgery het. Die voertuie het uit ’n polisievangwa, verkeersvoertuig en ’n Intertoll-voertuig bestaan. 

LEES OOK: MOTORISTE MOET MEER GELD VIR BRANDSTOF UITHAAL

Polisiebeamptes en paramedici

Twee polisiebeamptes en twee paramedici is beseer. Die Intertoll-drywer het aan sy beserings beswyk. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek nou ’n saak van strafbare manslag. 

Dubbele ongeluk

Die dubbele ongeluk het op die N1 60 km vanaf Kroonstad in die rigting van Johannesburg plaasgevind. Die Chrysler het onder die een trok vasgesit en die bestuurder van die ander vragmotor was in die voertuig vasgevang.

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *