SUID-AFRIKA. – Nóg ’n tropiese sikloon, Guambe, is op pad, na paaie en infrastrukture in die verskillende provinsies pas herstel is na die sikloon Eloise oorstromings in dele van die land veroorsaak het.
Tropiese sikloon Guambe en Suid-Afrika
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens dui die navorsing tans daarop dat Guambe geen nagatiewe effek op Suid-Afrika sal hê nie. Daar word verwag die sikloon sal oos van die land verbybeweeg. Verder sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens mense moet onthou die sikloon kan van rigting verander en daarom is tropiese siklone eintlik baie onvoorspelbaar.
Die effek op Mosambiek
Mosambiek sal wel deur die tropiese sikloon getref word. Oorstromings kan aan die kus van Mosambiek verwag word. Die weerdiens sal Suid-Afrikaners op hoogte hou indien die stelsel verander.
LEES OOK: Luukse motors vernietig, CCTV-materiaal wys voorval by motorhandelaar
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



