Ouers staak vir plekke by skole

Ouers het op die toneel met FiND iT gesels en is bitter ontsteld omdat hulle kinders nog nie plek gekry het nie.

Ouers staak vir plekke by skole

Ouers staak vir plekke by skole

KIMBERLEY. – Ouers van leerders hier staak al vir vier dae voor die departement van onderwys in die hoop om plekke vir hul kinders by gekose skole te kry.

Die probleem is tans by alle skole in die stad.

Vanoggend is bande gebrand en mense was bekommerd oor hoe dit die leerders van Hoërskool Noord-Kaap sal beïnvloed.

Yvette Lourens, SBL voorsitter van Hoërskool Noord-Kaap, het aan FiND iT gesê die situasie is onder beheer en die stakings affekteer glad nie die skool nie. “Lesse en klasse gaan voort soos normaal. Die bywoning is baie goed en die skool het betyds begin. Ouers en besoekers gebruik die hoofingang.”

Ouers ontsteld

Ouers het op die toneel met FiND iT gesels en is bitter ontsteld omdat hulle kinders nog nie plek gekry het nie.

“Ek het laasjaar September al aanlyn aansoek gedoen, soos deur die departement versoek. Ek het dit dieselfde dag nog gedoen as wat aansoeke oopgemaak het, maar steeds het my kind nie plek gekry nie. Ek weet van ouers wat eers in Januarie by dieselfde skool aansoek gedoen het en daai kinders het plekke gekry. Hoekom nie myne nie?” het een ontstoke ouer aan FiND iT se verslaggewer gesê.

’n Ander ouer het gesê sy het gehoor dat daar net gewag word vir ouers om plekke te aanvaar in ander skole, dan word daar gekose leerders van vriende in die skole gedruk.

LEES OOK: Meisie (12) dood na fietsongeluk

“My seun het Maandag sy skoolklere aangetrek en ons het hom skool toe gevat. Ons het al laasjaar aanvaarding by ’n skool gekry en toe hy Maandag daar aankom, was daar nie vir hom plek nie. Sy naam was glad nie op die skool se lys nie. Het hulle dan nou iemand anders in sy plek ingedruk?” het nog ’n ontstelde ouer gesê.

Departement vergader

Die departement van onderwys gaan glo nou vergader en sal teen 12:30 vir ouers terugvoering gee.

Ouers het gedreig om dinge verder te neem indien daar nie teen 12:30 vir hulle ’n redelike antwoord is nie.

Lees meer artikels hier.

Bande wat vanoggend voor die departement van onderwys gebrand is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: