11 biologiese kinders: Vrou (23) met 11 babas wil groter gesin hê
Die tien babas is binne slegs tien maande gebore.

FoTo: Daily Mail
MOSKOU. – Christina Ozturk (23) en haar miljoenêr-man, Galip Ozturk (56), het 11 biologiese kinders waarvan 10 babas binne slegs tien maande gebore is.
Dié 10 babas is deur surrogate in die lewe gebring. Christina het geboorte aan haar eerste kind op die ouderdom van 17 gegee en daarna besluit om van surrogate gebruik te maak. Die Russiese ma van 11 het aan Daily Mail gesê sy en haar man is van plan om tot 105 biologiese kinders te hê.

Christina was eers ’n enkelouer voor sy haar man, ’n hoteleienaar, tydens ’n vakansie in die kusdorpie Batumi in Georgië ontmoet het.
Hoewel hy baie ouer is as sy en volwasse kinders van sy eie het, het hy geen besware daarteen gehad om ’n groot gesin te hê nie. Die egpaar se surrogate ontvang berading en teken kontrakte voordat hulle swanger raak. Al die kinders is geneties afkomstig van Christina en haar man.
Verder sê Christina aan Dialy Mail sy sal self ook graag weer wil swanger raak, maar sal eers wil wag tot die babas bietjie ouer is.
LEES OOK: Baba nommer 12? Ja, sê ma wat geboorte gee aan elfde kind
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.