Baba nommer 12? Ja, sê ma wat geboorte gee aan elfde kind

Baba nommer 12? Ja, sê ma wat geboorte gee aan elfde kind

Foto: Instagram

MEXIKO. – Courtney Rogers (36) wat ‘n paar maande gelede geboorte aan haar elfde kind gegee het, sê sy kan nie wag vir die volgende baba nie.

Rogers was die afgelope 13 jaar amper nooit sonder ’n pasgebore baba of swanger nie. Sy het aan DailyMail gesê sy hou baie daarvan om ’n ma te wees. Verder sê sy sy en haar man gaan wel dié keer ’n jaar of twee wag voor hulle weer swanger raak.

Die familie van 13 het ook ’n Instagram- profiel, @littlehouseinthehighdesert, waarop daar gereeld foto’s van almal geplaas word.

Die Roger-gesin se oudste kind is 10 en die jongste een is sewe maande gelede deur middel van ’n noodkeisersnee in die lewe gebring.

LEES OOK: Vrou het 69 kinders in haar leeftyd

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *