Medelye stroom steeds in vir Nathan Hebler

Deel hierdie storie / Share this story

VANDERBIJL. – Medelye stroom steeds in na Nathan Hebler (18) na bewering deur ’n man in ‘n BMW voor ‘n kitskosrestaurant drie keer in die bors geskiet is.

LEES OOK: Skietvoorval by petrolstasie – skiet glo eers mense toe homself

“My seun, ons is so stukkend en geweldig seer!! Ek is so bly ek het jou Maandag vasgegryp en sommer drie keer hallo gesê en gesoen, nooit met die wete dat dit die laaste sou wees nie! Ek het jou so ongelooflik baie lief, jy was die hardwerkendste kind en jou drome en toekoms het nou eers in plek begin val!! Hierdie ma se hart is uitgeskeur met soveel pyn,” skryf sy ma, Catherina Hebler, op Facebook.

Behalwe vir sy ma se inskrywing, is daar talle ander blyke van medelye wat ingekom het vandat die nuus van die voorval bekendgemaak is.

Altesaam drie mense is Dinsdag tydens die skietvoorval dood. Die skieter, Hebler en ’n karwag is die drie slagoffers.

Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

LEES OOK: Matriekseun doodgeskiet voor man sy eie lewe by petrolstasie neem

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.