Karkasse in mans se besit gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KURUMAN. – Twee mans van onderskeidelik 33 en 43 jaar oud is deur die Kuruman-veediefstaleenheid in hegtenis geneem vir die besit van twee karkasse, van ’n skaap en ’n bok wat vermoedelik gesteel is.

Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder, sê die twee mans kon nie die polisie antwoord op die vraag oor waar hulle die karkasse gekry het nie.

Die verdagtes se bakkie is op die R31 tussen Kuruman en Daniëlskuil gewaar en ;n sekuriteitsmaatskappy het die polisie ontbied.

LEES OOK: Liggame van vier vrouens in vier verskillende huise gevind

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.