Liggame van vier vrouens in vier verskillende huise gevind
Die polisie was ontbied oor die lyk van die eerste vrou toe hulle op die toneel in kennis gestel is van die ander lyke.

Foto: CANVA
OOS-KAAP. – Die liggame van vier vrouens is in vier verskillende huise in die Zangqokweni-nedersetting buite Lady Frere gevind.
Liggame van bejaardes
Die vrouens se ouderdomme is onderskeidelik 44, 72, 75 en 88 jaar. Volgens die polisieverklaring wat uitgereik is, is al die vrouens se liggame met steekwonde gevind.
Die polisie is oor die lyk van die eerste vrou ontbied, toe hulle op die toneel in kennis gestel is van die ander lyke.
LEES OOK: Aftreeoord-moord, man gee homsef oor aan polisie
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.