OEKRAÏNE. – ’n Veearts het bygestaan en gekyk hoe ’n fiksheidsmodel haar troetel-sphynxkat laat tatoeëer het. Mense op sosiale media is boos en het die model onder kruisverhoor geplaas.
Die Instagram-model was trots daarop om haar pas getatoeëerde kat, Yasha, vir haar volgelinge te wys. Sy was geskok om te sien haar aanhangers beskou haar daad as dieremishandeling.
LEES OOK: Hawelose man red diere uit brandende skuiling
Elena Iwanickaya het haar aanhangers verseker die kat se veearts het tydens die proses bygestaan.
“Yasha was tydens die sessie volkome gesond en het geen pyn gehad nie.”
Mense op sosiale media het haar ’n dieremishandelaar en siek genoem.
Sy gaan steeds voort, ondanks die haat, om foto’s van haar kat op sosiale media te plaas.
Lees meer artikels hier.



