Hawelose man red diere uit brandende skuiling

ATLANTA. – Meer as ’n dosyn diere is uit ’n brandende diereskuiling gered danksy ’n hawelose man wat sy lewe gewaag het om hulle te red.

Keith Walker (53) sê hy het op 18 Desember 2020 rook uit die gebou gesien kom en het dadelik opgetree.

Keith het die deur oopgeskop en dit reggekry om 10 katte en ses honde, waaronder sy eie hond, Bravo, te red.

Keith word nou as n held beskou nadat hy braaf genoeg was om die diere uit die brandende gebou te red.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *