Baie negatiewe gedagtes word aan die jaar 2020 gekoppel. Baie van ons kan nie wag om die jaar agter die rug te kry nie. Indien jy iemand oor dié jaar vra, is die eerste woord wat opkom, “sleg”.
Was die jaar werklik so sleg? Het jy al met ’n positiewe gesindheid na die jaar wat verby is, gekyk?
Indien jy vanaand ’n dak oor jou kop het wanneer die nuwe jaar aanbreek, was hierdie jaar nie so sleg nie.
Indien jy volgende jaar na ’n werk kan terugkeer, was die jaar nie so sleg nie.
Indien jy geseënd is om familie en vriende in jou lewe te hê, was die jaar nie so sleg nie.
Ja, die jaar was nie altyd maanskyn en rose nie, maar soms moet jy fokus op die postiewe. Daar gaan altyd negatiwiteit in die lewe wees, maar dit beteken nie die lewe is negatief nie.
Volg FiND iT hier.



