Baie skaars rob al die pad van Antartika kuier in KZN

’n Baie skaars rob al die pad van Antarktika het onlangs op die kus van Durban uitgespoel.

’n Baie skaars rob al die pad van Antarktika het onlangs op die kus van Durban uitgespoel.

’n Baie skaars rob al die pad van Antarktika het onlangs op die kus van Durban uitgespoel.

DURBAN.- ’n Baie skaars rob al die pad van Antarktika het onlangs aan die kus van Durban uitgespoel.

Volgens IOL pas die volwasse krapvreterrob goed aan en geniet sy besoek aan uShaka Marine World. Die rob sal na Bayworld-oseanarium in Port Elizabeth gevlieg word waarna hy uiteindelik kan terugkeer huis toe.

Plaaslike mense het Ragnar verlede week by die Ramsgate-strand gekry, terwyl hy op die klippe gelê het. Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Ragnar na uShaka Marine World vir waarneming en moontlike behandeling geneem.

Ann Kuntz, woordvoerder van uShaka Marine World, sê daar was in die afgelope 40 jaar nog net drie gevalle van die skaars krapvreterrob aan KwaZulu-Natal se kus.

Dr, Francois Lampen, ’n veearts, het die rob ondersoek en bevestig hy is blakend gesond, alhoewel hy gestres is. Die werkers het gekies om die skaars rob na die bekende Viking Ragnar Lothbrok te vernoem.

Lees meer artikels hier.

Ragnar is tans in ’n rehabliteringsswembad. Kuntz sê weens die feit dat Antarktika nie mense het nie, het die robbe nie ’n vrees vir mense ontwikkel nie. “Wat nie noodwendig ’n goeie ding is nie.”

Die diereversorgingspersoneel ondersoek nog moontlike oorsake dat Ragnar na KwaZulu-Natal se kuslyn gekom het.

“Ragnar is uniek en ons sal ons bes doen om te verseker dat hy binnekort fiks en sterk genoeg is om terug te keer na Antarktika.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: