‘Onbekende’ kuberkraker dreig familie

Hy het begin glo die misdadigers hou hom en sy gesin dop en alles volg wat hulle doen.

Onwaarskynlike kuberkraker dreig familie

Onwaarskynlike kuberkraker dreig familie

INDIË. – ’n Man het gevrees vir sy lewe en vir dié van sy familie nadat ’n kuberkraker hom begin dreig het.

Hy het aan die polisie gesê sy e-pos is op 1 Januarie 2021 gekaap en hy het sedertdien verskeie dreigemente en eise vir geld van ’n kuberkrakergroep ontvang. Die vermeende kuberkrakers het gelykstaande aan 1 miljoen roepees gevra, anders sou hulle foto’s van die man se familie met die publiek deel en hom en sy hele gesin vermoor.

LEES OOK: GPS-horlosies en kinders – is dit veilig?

Hy het begin glo die misdadigers hou hom en sy gesin dop en volg alles wat hulle doen.

Groot skok

Dit is met n groot skok wat die man uitgevind het dit is sy eie seun wat hom dreig.

Ondersoekbeamptes het bevind dat die IP-adres waarvandaan die dreigemente ontstaan ​​het, dieselfde was as die slagoffer s’n. Die dreigemente het dus uit sy eie huis gekom.

Die gr.5-seun het gesê hy het van hierdie dinge geleer deur na video’s op YouTube te kyk en dat hy geglo het hy was slim genoeg om sy doen en late te verberg.

Lees meer berigte hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: