Virtuele raadsvergadering oor waterkrisis gekanselleer

Inwoners van die stad is tans moedeloos met die waterkrisis, sowel as die dienslewering.

Virtuele raadsvergadering oor waterkrisis gekanselleer

KIMBERLEY. – ’n Virtuele raadsvergadering wat vandag weens die waterkrisis en dienslewering sou plaasvind, is gekanselleer.

Raadslede sou die hangende waterkrisis sowel as die verloop van dienslewering bespreek.

Terugvoer

FiND iT het navraag by Sello Matsi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, vir die rede van die kansellering van die raadsvergadering gedoen en is na die politieke kantoor, uitvoerende burgemeester en sprekerskantoor verwys. FiND iT se verslaggewer is ook gevra om enige toekomstige navrae aan hulle kantoor te rig.

LEES OOK: Meisie (12) dood na fietsongeluk

Navraag is daarna aan Persome Oliphant van die politieke kantoor gestuur, waarna dit terugverwys is na Sello Matsi. Die navraag is weer na die bestuurder in die sprekerskantoor, G. Mosimane, verwys waarna hy aan die verslaggewer gesê het hy is op studieverlof en sal nie kommentaar kan lewer nie.

Week sonder water

Inwoners van die stad is tans moedeloos met die waterkrisis, sowel as die dienslewering. Die gemeenskap dreig om die munisipaliteit te laat ontbind en die reg in eie hande te neem. Verskeie groepe is reeds gestig en verskeie kenners se raad en hulp is reeds ingeroep.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *