Kind (5) dood na maande se marteling
Die seun se pa is oorlede kort nadat sy ma toesig weens ’n dwelmprobleem verloor het.

Kind (5) dood na maande se marteling
WES-VIRGINIA. – ’n Kind is dood aan uiterste oog-, oor- en geslagsbeserings nadat hy glo maande lank gemartel is.
Sy liggaampie was oortrek met wonde. Hy is dood aan ’n breinbesering nadat hy in Maart 2020 in ’n hospitaal opgeneem is.
Pa oorlede
Die seun se pa is oorlede kort nadat sy ma toesig weens ’n dwelmprobleem verloor het.
LEES OOK: Meisie (12) dood na fietsongeluk
Wonde
Dokters het die kind gevind met ‘n sny van 4 cm aan sy penis, sowel as testikel- en bobeenwonde. Hy het ook bloeding op die brein gehad en bloed het by sy oë uitgeloop.
Familielede
Drie familielede van die seun – sy oom, tannie en ouma – is vir die moord aangekla en het onskuldig gepleit. Hulle beweer hy het dit alles aan homself gedoen. Hulle verhore sal op 1 Maart, 29 Maart en 19 April 2021 plaasvind.
Lees meer artikels hier.