February 28, 2021

Demi Lovato: ‘Ek het drie beroertes en ’n hartaanval gehad’

Nie lank daarna nie het mediablaaie aangekondig sy het byna gesterf as gevolg van ’n oordosis dwelms wat sy geneem het.

Demi Lovato: ‘Ek het drie beroertes en ’n hartaanval gehad’

Foto: Instagram

AMERIKA. – Demi Lovato (28), die Amerikaanse sangeres, het vir die eerste keer haar hart oopgemaak en vertel sy het in 2018 drie beroertes en ’n hartaanval gehad toe sy ’n oordosis dwelms geneem het.

Lovato het oor haar oordosis in die voorprent van haar nuwe YouTube-dokumentêr, Dancing With The Devil, gepraat. Sy vertel aan haar aanhangers die dokters het in 2018 vir haar gesê sy het vyf tot tien minute oor om te lewe.

Demi Lovato se dwelmmisbruik

In ’n dokumentêr van 2017 het sy gepraat oor haar dwelmmisbruik gedurende haar tienerjare. In 2018 het Lovato ’n lied, Sober, vrygestel waarin sy erken sy het ses jaar van soberheid verbreek. Nie lank daarna nie het mediablaaie aangekondig sy het byna gesterf as gevolg van ’n oordosis dwelms wat sy geneem het. Sy het vir ’n lang tyd daarna uit die kollig uit beweeg en het verlede jaar weer haar verskyning gemaak.

Inskrywing op Demi Lovato se Instagram.

Demi Lovato se nuwe dokumentêr, Dancing With The Devil, sal vanaf 23 Maart op YouTube beskikbaar wees.

LEES OOK: Hond deur man by kuierplek gesteek (waarskuwing – sensitiewe grafika)

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: