February 28, 2021

Hond deur man by kuierplek gesteek (waarskuwing – sensitiewe grafika)

Oscar, die boerboel wat al agt jaar by die Bostons Lodge op Jan Kempdorp bly, is bekend aan almal in die area wat al by dié lodge se kroeg gekuier het.

JAN KEMPDORP. – ‘n Skokkende video, wat wys hoe ‘n man by ‘n bekende lodge en kuierplek hier, tot by dié plek se hond stap, maak of hy hom wil vryf en hom dan in sy sy met ‘n mes steek, doen die rondte.

Oscar, die boerboel wat al agt jaar by die Bostons Lodge op Jan Kempdorp bly, is bekend aan almal in die area wat al by dié lodge se kroeg gekuier het.

Frikkie Bester, eienaar van dié lodge, sê die man wat die hond gesteek het, was vroeër reeds die perseel verbied.

Bester sê Vrydagaand was dié man in die kroegarea. Op die video wys dit hoe die man in ‘n vierkant aan die agterkant van die kroegarea, na die hond toe stap. ‘n Vrou (vermoedelik sy vriendin) staan ‘n entjie van hom af weg en kan ook op die video gesien word.

Die man vryf Oscar dan en maak of hy met hom praat. Skielik steek hy Oscar dan met ‘n mes, kan op die video gesien word.

Foto: Oscar wat deur ’n man by die Bostons Lodge op Jan Kempdorp in sy sy gesteek is.

Bester sê dié man en sy vriendin het al vroeër gedreig om Oscar met ‘n windbuks te skiet.

Kyk die video hier. WAARSKUWING: Dit kan sensitiewe lesers ontstel.

Video wys voorval van man wat hond steek.

Bester het dadelik ‘n saak by die polisie gemaak en die dierebeskermingsvereniging was ook reeds daar.

“Dit gaan okay met Oscar. Hy eet darem en drink die pille wat hy moet drink. Hy het baie bloed Vrydagaand verloor.”

Foto: Dit gaan goed met Oscar. Hy eet en drink sy medikasie.

“Daar is reeds ’n saak by die polisie oopgemaak en die Dierebeskermingsvereninging was ook reeds hier.”

FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag op terugvoer.

LEES OOK: Ontplooiing van inentings eers gestop na kommer oor doeltreffendheid

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: