Ontplooiing van inentings eers gestop na kommer oor doeltreffendheid
Zweli Mkhize sê data toon dat die entstof minimale beskerming teen ligte tot matige infeksie wat deur die dominante koronavirus-variant in die land veroorsaak word, bied.

SUID-AFRIKA. – Die ontplooiing van die AstraZeneca-entstof sou die maand afgeskop het, maar is vir eers gestop na kommer oor die doeltreffendheid van dié entstof.
Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê data toon dat die entstof minimale beskerming teen ligte tot matige infeksie wat deur die dominante koronavirus-variant in die land veroorsaak word, bied. Die aankondiging kom nadat gesondheidswerkers veronderstel was om reeds die week hulle eerste inenting te ontvang.
Ontplooiing eers gestop vir toetse
Shabir Madhi, ’n Wits-professor, het ook Sondag in ’n mediakonferensie bevestig die resultate van die proewe sover toon die AstraZeneca-entstof is minder effektief teen ligte en matige vorms van die B.1.351-koronavirus-variant.
Die miljoen entstowwe sal eers gehou word tot verder toetse gedoen is om te bepaal watter stappe gedoen sal word.
LEES OOK: Covid-19-entstof in Suid-Afrika verval binnekort
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.