SUID-AFRIKA. – Die Oxford/AstraZeneca Covid-19-entstof wat onlangs hier in Suid-Afrika aangekom het se vervaldatum is vroeër as wat die owerhede beplan het.
Owerhede het dít Sondagaand tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie agtergekom na aanleiding van ’n mediaverklaring oor die doeltreffendheid van dié entstof teen die huidige dominante Covid-19-variant in SA, bekend as 501.V2.
Covid-19-entstof verval reeds April
Enstowwe verval gewoonlik na ses maande. Anban Pillay, adjunk-direkteur-generaal van die departement van gesondheid, sê die entstof wat Suid-Afrika ontvang het verval reeds in April en nie in die middel van die jaar soos beplan is nie. Owerhede het die ontddeking eers gemaak nadat die enstof hier aangekom het.
Volgens Pillay gaan Suid-Afrika vra dat die enstof omgeruil word met ander waarvan die vervaldatum later is.
LEES OOK: Polisie sê hulle is bewus van video wat ongeluk op N12 wys
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



