Gletser wat in Indië afbreek veroorsaak 14 mense se dood, 170 vermis

INDIË. – ’n Gletser van hier het gebreek en ’n blitsvloed veroorsaak, 14 mense is dood en 170 is vermis.

INDIË. - ’n Gletser van hier het gebreek en ’n blitsvloed veroorsaak, 14 mense is dood en 170 is vermis.

INDIË. - ’n Gletser van hier het gebreek en ’n blitsvloed veroorsaak, 14 mense is dood en 170 is vermis. Foto: BBC

INDIË. – ’n Stuk van ‘n gletser wat afgebreek en ’n blitsvloed veroorsaak het, het 14 mense se dood veroorsaak, terwyl 170 vermis word.

Volgens IOL het die gletser Sondagoggend langs ’n vallei in die noordelike Himalajas gebreek. Brûe, paaie en twee waterkragstasies is vernietig.

Om Agarwal, ’n plaaslike inwoner, sê dit het soos ’n aardbewing gevoel toe die stuk gletser die aarde tref.

 ‘n Regeringsamptenaar van Uttarakhand het Maandag gesê 14 liggame is opgespoor, 15 is gered en nog 170 mense word vermis.

Baie mense is vasgekeer in twee tonnels wat deur oorstromings, modder en rotse afgesny is. Die paramilitêre redders moes by ’n heuwel afklim om by die vasgekeerdes uit te kom weens die hoofweg wat weggespoel het.

Op sosiale media word foto’s van die tragedie, asook gebede vir die vasgekeerdes en hulle naasbestaandes gedeel.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: