Twee dood, ses in hospitaal na tuisgebroude drank

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Twee jong vrouens is dood en ses ander mense, almal tussen die ouderdom van 18 en 24, is in die hospitaal opgeneem nadat hulle ’n tuisgebroude drank in Turflaagte in Bloemfontein gedrink het.

Die ses is in Pelonomi-hospitaal opgeneem. Een van hulle is in ’n kritieke toestand. Morris Sekgutleleng, ’n pastoor, het aan SABC-nuus gesê die oorlewendes sê die twee wat oorlede is, het die mengsel na hulle gebring.