WES-KAAP. – Twee vroue is dood en drie ander is vanoggend beseer toe twee motors op die Giel Bassonweg in Burgandy Estate gebots het.
Die paramedici van ER24 het een voertuig op sy dak op die sypaadjie en die ander voertuig langs die pad gevind. Drie vroue en ’n man was vasgekeer in die omgeslane voertuig, terwyl die manlike bestuurder van die tweede voertuig op die toneel was.
Paramedici het die beseerdes ondersoek en gevind twee van die vasgekeerde vroue het reeds aan hul talle beserings beswyk het. Die een man was in ’n kritieke toestand, terwyl die derde vrou in ’n ernstige toestand was.
Reddingsdienste moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die vasgekeerdes uit die voertuig te bevry.
Die twee beseerdes is na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere sorg. Die tweede motorbestuurder is vir ligte beserings behandel en na die hospitaal vervoer.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.



