Ses fetusse in sak in drom gevind

DURBAN. – Ses fetusse wat vermoedelik in ’n sak in ’n drom naby Albert Park geplaas is, is deur ’n gemeenskapslid gevind.

Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê die polisie was besig met patrolie toe hulle deur ’n gemeenskapslid genader is. Volgens die gemeenskapslid is die sak deur iemand in ’n voertuig in die drom gegooi.

Mbele sê die registrasienommer van die voertuig waaruit die sak afgelaai is, is die onderwerp van die ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: