September 27, 2021

Een dood en twee beseer toe motor rol

MEYERTON. – Een man is dood en twee ander is beseer toe hul voertuig gistermiddag in Stasieweg in Meyerton omgeslaan het.

Paramedici van ER24 het omstreeks 13:35 op die toneel opgedaag en ’n voertuig op sy dak langs die pad gevind. Die liggaam van ’n man is gedeeltelik onder die omgeslane voertuig gevind. Nog twee insittendes van die motor was op die toneel.

Paramedici het die beseerdes ondersoek en bevind die man onder die voertuig het reeds aan sy beserings beswyk. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar.

Die twee ander beseerdes is ondersoek. Hulle het met slegs ligte beserings ontkom. Hulle is behandel en na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *