Polisie sê hulle is bewus van video wat ongeluk op N12 wys

“In hierdie stadium het geen ooggetuie na vore gekom nie. Die ondersoek duur voort.”

Gru-ongeluk: vrou ontslaan, meisie stabiel

Gru-ongeluk: vrou ontslaan, meisie stabiel

KIMBERLEY. – “Die polisie is bewus van die beeldmateriaal wat gedeel word oor die ongeluk wat Woensdagaand om 22:00 op die N12 plaasgevind het. Die beeldmateriaal wys net die ligte voertuig,” sê kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder.

Ondersoekbeampte van die polisie

Volgens Jansen kon die ondersoekbeampte nog nie die oorlewendes ondervra nie omdat hulle nog in die hospitaal is. “In hierdie stadium het geen ooggetuie na vore gekom nie. Die ondersoek duur voort,” sê Jansen verder.

Madelein Rudman, eiendomsagent by Mads Properties, en Roelf Rheeder het in ’n bakkie gery. Rudman het inwendige beserings opgedoen en het die naweek weer ’n operasie ondergaan.

Een is oorlede

Zan-Marie Olivier (22) en Juné van der Merwe (22) het in ’n motor gery. Olivier is oorlede en Van der Merwe het ernstige beserings opgedoen.

Die twee voertuie het teen mekaar gebots.

Die polisie sê geen verdere inligting oor die ongeluk is al bekendgemaak nie.

LEES OOK: Bekende eiendomsagent ook in ongeluk betrokke wat meisie se lewe eis

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: