Bekende eiendomsagent ook in ongeluk betrokke wat meisie se lewe eis
Rudman en haar vriend, Roelf Rheeder, het in ‘n bakkie gery. Zan-Marie Olivier (22) en Juné van der Merwe (22) het in ‘n motor gery. Die twee voertuie het teen mekaar gebots.

Roelf Rheeder en Madelein Rudman. Foto: Facebook
KIMBERLEY. – Madelein Rudman, eiendomsagent by Mads Properties hier, is in die intensiewe sorgeenheid van die Mediclinic Gariep na ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n motor waarvan ‘n jong meisie oorlede is.
Die ongeluk het Woensdag omstreeks 22:00 op die N12 pad na Kaapstad, oorkant die GWK-gebou, plaasgevind.
Rudman en haar vriend, Roelf Rheeder, het in ‘n bakkie gery. Zan-Marie Olivier (22) en Juné van der Merwe (22) het in ‘n motor gery. Die twee voertuie het teen mekaar gebots.
Olivier is in die ongeluk oorlede.
Interne beserings opgedoen
Denise Coetzee, woordvoerder vir die Mediclinic Gariep-hospitaal, sê Rudman se toestand is stabiel. “Sy was gister in teater en sal die naweek weer ingaan. Sy het interne beserings opgedoen. Sy is tans in die intensiewe-sorgeenheid.”
Rheeder is nie in die hospitaal opgeneem nie. Hy het slegs sagte-weefsel beserings opgedoen.
Van der Merwe is ook in die intensiewe sorgeenheid van dié hospitaal. “Sy het veelvuldige frakture opgedoen, maar is stabiel,” sê Coetzee.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoer, sê geen nuwe inligting oor die ongeluk is tans beskikbaar nie. “Die ondersoek duur voort.”
LEES OOK: Een meisie beseer, nog een oorlede in gru-ongeluk
LEES OOK: Groot hartseer na gru-botsing
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.